Modulekode | DIP 876 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Die holistiese aard en interdissiplinêre omvang van diplomasie, as instelling, praktyk en akademiese studieveld, word bekendgestel en gekontekstualiseer binne die breë raamwerk van internasionale studies, met inbegrip van aspekte rakende internasionale verhoudinge, internasionale reg en internasionale politieke ekonomie. Daarna verskuif die fokus na die teoretiese en praktiese verband tussen internasionale verhoudinge, buitelandse beleid en diplomasie as instrument van buitelandse beleid. Dienooreenkomstig word Suid-Afrika se diplomasie, op globale en streeksvlak, krities ontleed deur die gebruik van, onder andere, die vergelykende metode. |
Modulekrediete | 30.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 1 lesing per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Akademiese organisasie | Politieke Wetenskappe |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 of Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App